Tuis

Welkom By Lydenburg Baptistekerk

Ons bestaan vir die eer van God Almagtig – Vader, Seun en Heilige Gees. Dit is ons begeerte om Sy Heerskappy in alles te verkondig; om gelowiges in die Drie-enige God toe te rus in die Skrifte van die Ou en Nuwe Testamente van die Bybel en elke gelowige tot Christus gelykvormigheid te lei.

Sola Gratia – Uit genade alleen

Sola Fidei – deur geloof alleen

Sola Scriptura – Die Bybel alleen

Solus Christus – Christus alleen

Soli Deo Gloria – Aan God alleen die eer

Lydenburg Baptistekerk nooi jou om saam met ons die enigste ware, lewende God te aanbid. Ons aanbid die Vader wat alles, sienlik en onsienlik, uit niks geskep het, deur Jesus Christus, die enigste Middelaar tot versoening tussen God en mens en die Heilige Gees wat ons afsonder vir Sy eer alleen.

Ons weeklikse byeenkomste

Ons nooi jou na ons eredienste elke Sondagoggend om 10h00 by De Souzastraat 20, Lydenburg.

Woensdae bestudeer ons die Skrif saam vanaf 19h00 – 20h00 by De Souzastraat 20.

Elke derde Sondag van die maand vier ons die Nagmaal van die Here saam tydens ons erediens.

Get new content delivered directly to your inbox.